Keith Richards

Keith Richards in 2012.

Keith Richards (gebore 18 Desember 1943) is 'n Engelse musikant, liedjieskrywer, sanger en musiekvervaardiger. Hy is 'n oorspronklike lid van The Rolling Stones as 'n kitaarspeler, sanger en medehoofliedjieskrywer. Sy liedjieskryfvennootskap met die groep se hoofsanger, Mick Jagger, is een van die suksesvolstes in die geskiedenis. Sy loopbaan strek oor ses dekades en sy kitaarspeelstyl is deur hulle hele bestaan 'n kenmerk van die Rolling Stones.

Richards het soms die nuus gehaal met sy romantiese verbintenisse en onwettige dwelmmisbruik, en hy is dikwels uitgebeeld as 'n teenkulturele figuur. Hy was aanvanklik as Keith Richard bekend, maar het in die 1970's sy volle van begin gebruik.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search